Met ’n gelukkige kleuter kan enige doel bereik word.
Sluit Vandag Aan
tot Graad R
Oor Ons
Houtkapper Speelgroep is ’n speelgroep in Heidelberg, waar Christelike beginsels toegepas word. Onderrig vind plaas met gekwalifiseerde onderwyseresse aan kleuters vanaf 18 maande tot en met graad R. Ons hoofdoel is om kleuters skoolgereed te kry deur speel en ons fokus veral op die emosionele gereedheid van ’n kleuter.


Kinders kan vanaf 07h30 afgelaai word.

Buitemuurse Aktiwiteite
Alhoewel dit nie verpligtend is nie, word daar ’n verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteite om 08h00 in die oggend aangebied. Geen buitemuurse aktiwiteite word in speelgroep tyd aangebied nie.
Privaatheid
Kleuters se veiligheid en privaatheid is vir ons belangrik en word gerespekteer.
Kos
Ons is ’n speelgroep en dus moet kleuters hulle eie versnaperings bring – ons voorsien nie kos nie.
Vakansies
Die speelgroep werk hoofsaaklik volgens die Departement van Onderwys se kalender en is dus gesluit vir publieke vakansiedae asook skoolvakansies.
Belangrike Fokuspunte
- Kleuters word emosioneel ontwikkel (emosionele intelligensie)
- Speel is baie belangrik
- Kleuters moet gelukkig wees
Daagliks
- Open op Christelike manier
- Maak kunswerk wat afwissel met bak en brou
- Speel buite
- Opvoedkundige spel
- Lees storie
- Sing liedjies of leer gediggies



